Wat ons aanbied

Ons het byna 42 jaar van slagters-ervaring en berei u vleis voor op die manier waarvan u hou. Ons is altyd bereid om in u behoeftes te voorsien. Ons is verskaffers van ‘n verskeidenheid van gehalte beesvleis, varkvleis, lamsvleis en hoendervleis. Ons bied gereeld spesiale aanbiedinge om te verseker dat jou vrieskas vol is en jou beursie gelukkig. Besoek ons gerus in ons slaghuis en sien self wat ons aanbied. Ons help graag en beantwoord enige vrae a u mag hê. Kyk ook gerus na ons resepte vir ‘n paar idees vir die perfekte ete.